Tussen 200 000 en 300 000 werksgeleendhede is in gedrang voor die einde van die jaar. Volgens mnr. Mike Schussler is Suid Afrika in baie diep moeilikheid, en is op pad in ‘n baie diep resessie. Hy verklaar ook dat daar ‘n “bloedbad” gaan wees ten opsigte van werksgeleendhede en mense wat afbetaal gaan word.
Volgens die direkteur van Handel & Nywerheid mnr. Tshediso Matona, is ons “Nog ver van die ergste af” . Eise teen die Werkloosheid versekeringsfonds het verlede maand gegroei vanaf R250mil tot R300mil, wat ‘n duidelike aanduiding is van die situasie ten opsigte van werksverliese.
Die afleggings affekteer ook nie net die mense wat afbetaal is nie, sake ondernemings gaan verseker laer inkomste verdien aangesien die besteebare inkomste in gemeenskappe geraak word. Minder mense sal resturante ondersteun, luukse artikels sal nie meer so hoog in aanvraag wees nie. Dit versoorsaak ’n rippeleffek waar nog meer mense afbetaal word en besighede hulle deure sal moet sluit aangesien hulle nie by hulle verpligtinge sal kan uitkom nie. Sodoende raak die effek al meer en meer tot ons opeindig in ‘n depressie.
Lees gerus die berig: The Times: Jobs Bloodbath
Verskeie mense wat so min as ses maande gelede nog uitgelag was vir uitlatings dat ons op pad is na ‘n depressie word nou reg bewys. Die effek van ‘n depressie op hierdie stadium kan katastrofiese gevolge inhou vir binnelandse stabiliteit, weereens is daar mense wat glo dat dit net ‘n bangmaakstorie is. Ons sal maar moet wag en kyk.
