Soos duidelik in die Suidlanders DVDs gestel, is ons waarskuwing gebaseer op ‘n “kruitvat-vonk” situasie in Suid(er) Afrika. Alhoewel meeste Suidlanders ‘n politieke vonk verwag, is dit ewe moontlik dat die vonk in ‘n ander vorm kan voorkom.
In hierdie insiggewende artikel waarsku die “Royal Bank of Scotland” teen ‘n globale krediet-krisis, en ineenstorting van wêreld-aandelemarkte, oor die volgende drie maande.
Met die druk alreeds wêreldwyd hoog as gevolg van die stygende kos- en brandstofpryse, kan ‘n finansiële ineenstorting ook massiewe druk op die infrastrukture plaas. In Europa is daar reeds betogings teen brandstofpryse (hierdie berig vertel van twee mense wat dood is in Portugal en Spanje in sulke betogings). Interessant dat die berig noem dat Spanjaarde kos en brandstof begin opgaar!
