Baie sin en baie onsin is onlangs geskryf oor die toestand van die wêreld-ekonomie, die oorsake en die gevolge van die onlangse insinking. As mens dit noukeurig volg, is die prentjie redelik skrikwekkend, maar meeste mense het nie die tyd en die lus om gereeld oor die goed op te lees nie.
Die gemiddelde man op straat se ekonomiese inligting kom van die hoofstroom nuusmedia af, en as mens uitsluitlik daarna luister, sou jy kon begin glo dat die resessie besig is om te draai, en dat dinge nie so erg is nie.
Twee Amerikaanse ekonome het die onlangse ekonomiese geskiedenis grafies met die Groot Depressie (1929-) vergelyk. Die prentjie lyk nie goed nie. Dit is moontlik dat ons op pad uit die insinking is, maar dis net so (indien nie meer) moontlik dat die ergste nog op pad is (en vir JARE gaan wees). Hier is ‘n skakel na die bladsy:
Voor die Tweede Wêreldoorlog het die Eerste Wêreldoorlog as die “Groot Oorlog” bekend gestaan. Ons wonder of ons kinders en kleinkinders na 1929 sal verwys as die “Eerste Depressie”…
