Ons het die volgende bydrae ontvang van een van ons lesers.
Ek het op n intressante DIY SOLAL GEYSER SISTEEM afgekom, wat ek beproef het en dit werk! Die “solar showers” is n kort temyn oplossing maar diè solar geyser sisteem kan tot 150l vuurwarm water lewer op n sonnige dag. Ek het inteendeel hoëdruk swart pyp (wat gebruik word vir sprinkle besproeing) gebruik , 15mm met n dikker wand dikte, sodoende gebruik ek net die 15mm t-piece sonder om die klamps te gebruik om koste te bespaar en dit lek nie.
Nb. Die “water level” moet waar die warmwater inloop by die drom bokant die inloopvloei wees andersins sirkuleer die water nie.
Ek het sommer n groot asdrom gebruik liefs die wat n dik wand het on warm water langer warm te hou.
