Die Suidlanders praat al 2 jaar lank dat ons onsself moet gereed maak vir anargie in SA, en om juis vir daardie rede vir hulself voedsel moet bymekaar maak.

Daar is egter ‘n groter gevaar op die horison, naamlik wereld-wye voedsel-tekort.  Ek sal aan die einde van hierdie skrywe ‘n paar skakels byvoeg indien u meer besonderhede verlang, maar hier is die opsomming:

Die VSA se departement van Landbou het die helfte van die middel weste tot rampgebied verklaar.

Baie boere in die VSA het bykans geen oes: Illinois, Iowa, Noord Dakota, Mississippi, Minnesota, Nebraska, Louisiana, Arkansas, Alabama, Maine, Kansas, Central New York, Oklahoma, en ander – hoofsaaklik a.g.v. ongekende hoeveelheid reen en hael (en selfs sneeu) net voordat hulle moes begin oes.  Sommige het in modderplasse en sneeu probeer om iets te oes, maar sonder veel sukses.  Aan die ander kant het ander state ook swak gevaar – a.g.v. ongekende hitte: Texas, Suid Dakota, Wyoming en ander.

Kalifornie se “Long Valley”, wat normaalweg ongeveer 80% van die VSA se tamaties produseer, het bykans geen oes na 3 jaar se droogtes (en veld-brande).

Romanie het 30% minder geplant as normaal.

Brasilie het Invoer-belasting op koring verwyder sodat dit makliker is om koring in te voer – m.a.w. hulle het ‘n groot tekort.

Argentinie het die laaste 2 jaar onder droogte gebuk gegaan, en hulle koring-oes is heelwat kleiner.  Hulle was ook getref deur ‘n sprinkaan-plaag.

Die swartsee oes (Rusland) het grootliks misluk a.g.v. pes.

Vroee sneeu het China se koring-produksie nadelig getref.

Hitte-golwe het Austalie se oeste verminder, en hulle gaan juis nou al ‘n paar jaar deur ‘n ongekende droogte.

Indie het 18% van sy somer rys-oes verloor, en die winter lyk asof die syfer dieselfde gaan wees.

In Suid-Afrika het die reen van so 3 weke gelede, baie van die top-koring gereduseer na voer vir die diere.

Sit op dit alles by die ekonomiese krisis, en die feit dat baie mense nie geld het om voedsel (met inflasie) te koop nie, dan staar ons ‘n groot hongersnood in dele vandie wereld in die gesig – en dit het alreeds by sommige plekke gebeur: dele van die VAS, China, en Indie het al vroeer die jaar rantsoene op voedsel geplaas.

Vir meer inligting:

Dynamics For Disaster In Agricultural Markets
Worst Harvest Season Ever Seen
noggersblog.blogspot.com

Verskaf Kommentaar

E-pos (sal nie gepubliseer word nie)