Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, SELFBEHEERSING.”   Gal. 5:22

Selfbeheersing is een van die belangrikste eienskappe wat ons benodig in hierdie moeilike tye. Ons as vroue moet dit veral toepas in ons daaglikse lewe en verseker in die swaar tye wat vir ons voorlê. Dit gaan nie help jy raak kwaad vir jou metgesel nie, ons raak soms gefrustreerd met ons omgewing en met die dinge rondom ons wat net nie in plek wil val nie. Stop vir `n oomblik, haal diep asem, en ontspan!

Soveel male verstaan ons nie eers hoekom ons hier is nie, en tog, strompel ons lusteloos voort soos zombies deur ons daaglikse roetines wat ons bind! G’n wonder ons uitlaatkleppe is so moeilik betembaar nie. `n Paar voorbeelde van wat hierdie wereld ons bied – losbandigheid, modes, giere, humanisme met sy metgesel feminisme – waar los dit jou as vrou? Vasgevang in `n wêreld vol wêreldse dinge, wêreldse nukke en onsekerheid! Etiket raak vir ons iets – oudtyds en simpel. Dissipline wat veronderstel is om volgens God se woord op ons kinders toegepas te moet word, verdwyn sodra die ‘stelsel’ waarin ons onsself daagliks bevind die oorhand kry of een of ander tydskrif jou wysgemaak het dat dissipline jou verhouding met jou kind sal verwoes!! Normes en waardes is iets wat jy verloor het op `n pad waarop jy beland het – `n sieklike Babel!.

Daarom het ek die lewe gehaat, want die werk wat onder die son gedoen word, het my mishaag, omdat alles tevergeefs is en ‘n gejaag na wind.”  Pred. 2:17

‘Alles tevergeefs en `n gejaag na wind.’ Ai! Is dit nie so waar nie. In hierdie warwoel van `n wêreld van ons kry ons bitter min tyd om asem te skep. Jy is `n vrou en God is besig om elkeen van ons voor te berei vir wat in ons land voorlê. Ons wil nie altyd dinge so sien nie, veral nie wanneer daar slegte dinge op ons pad verby flits nie. Selfs vir hulle moet ons dankbaar wees, want selfs daardie slegte, seer, en ongemaklike dinge het ons God op jou pad gestuur. En ons verstaan dit dalk nog nie so mooi nie, maar eendag sal jy terugkyk en besef: Dis hoekom! En dis deur hierdie moeilike tye waarin ons die sterkste groei. Moet nie bang wees vir `n uitdaging nie, dit bou jou karakter! En as jy foute maak… ons almal maak foute, leer uit hulle, dan is niks tevergeefs nie.

Dit is so maklik om dankbaar te wees vir die goeie dinge en in die tye wanneer dit voorspoedig gaan, maar `n ware vervulde lewe kom slegs na die wat geleer het om dankbaar te wees in die tye van teëspoed en nood!

Dankbaarheid is een van ons as mens se mooiste eienskappe en is die enigste een wat ek van weet wat jou gemoed kan lig, sonder dat jy eers hard probeer!

Naomi Muller

Verskaf Kommentaar

E-pos (sal nie gepubliseer word nie)