Die volgende verklaring is van Gustav Muller ontvang:

In die afgelope paar weke was Suid-Afrika gekonfronteer met ‘n heel ‘nuwe gewelds konsep’ naamlik, Xenofobiese aanvalle. Maandag 16 Junie 2008 maak die ANC jeugleiers die volgende uitlating en sê, dat hulle bereid is om die wapen op te neem en ook dood te maak indien dit nodig sou wees om Mnr. Jacob Zuma in die Presidentstoel te kry. Snaaks die dubbel standaarde (verdrukking en vervolging van die Suidlanders) van ons Demokratiese land. Ander organisasies soos die ANC jeugliga en by vele ander uitsprake van die verlede, mag gepraat en gesing word van wapen opneem en doodmaak, maar as ons Suidlanders vlugtelingskampe (‘n gesig wat in Suid Afrika nie meer onbekend is nie) byvoorbaat in plek wil stel vir ons volk, dan word ons as ‘ver regste’, ‘ekstremistiese’ en selfs as ‘terroriste’ uitgemaak. Dit terwyl ons alles in die stryd voer om ‘n volksmoord wat ons volk in die gesig staar so te absorbeer dat ons die minimum lewensverlies sal hê.

Vlugtelingskampe? Wat is dit? Ja, dit is die woorde wat in die afgelope weke, al ons koerante vol te lees was. ‘n Term waarvoor ons Suidlanders in die verlede uitgelag was. Graag wil ons u die volgende advies gee vir die toekoms, veral op die kort termyn bedreiging wat moontlik bestaan. Daar is ‘n sterk vermoede dat hierdie Xenofobiese aanvalle weer kan en sal opvlam, aangesien daar by verskeie myne landswyd pamflette versprei is wat die buitelanders in kennis stel om die land te verlaat. Behalwe dit, haal ek enkele uittreksels aan wat in die laaste tyd in ons koerante en tydskrifte verskyn het, nl. People Magazine; – “Vigilante groups like this one are systematically traveling the informal settlements throughout South-Africa to clear out the foreighners that they claim are taking their jobs and even threatening to go to white areas to flush out workers who steal jobs.” “Xenophobia, although a term which was not readily used in South-Africa in the past, is nothing new on a global scale. Let’s not forget the horrendous 1994 genocide in Rwanda” (so ook in die Afrika geskiedenis van o.a. Mosambiek, Angola, Kenia, Kongo ens), “which killed in excess of 800 000 people, in all their brutality that racism, racial discrimination and Xenophobia are not a vanishing phenomenon.” The Times, by Nomfundu Xulu; – “We are a barbaric nation and we are our own worst nightmare. I wonder wat will happen when we finally reach our goal of thoroughly ruining our country.” Dan uitsprake soos, “The Zimbabweans is only the beginning.” en “Next is the settlers.” ens, ens. Ons woon in hierdie land waarvan hier gepraat word, daarom wil ons die volgende aan u voorstel.

Sou hierdie Xenofobiese aanvalle weer begin, om die volgende te oorweeg:

1. Indien daar enige van hierdie buitelanders by u werksaam is om hul op verlof te stuur, totdat so ‘n vlaag van geweld miskien sou verbygaan.

2. Moet nie dat hulle op of naby u woning of besighede bly tydens hierdie verlof nie.

3. Verskerp u parraatheid by u huis, oppad werk toe en by die werk deur op te let na onder andere die volgende:

  • Abnormale samedromming in die nabyheid van bogenoemde persele.
  • Optogte wat mag vorm deur die dag of nag.
  • Vermy enige samedromming of optogte, bly sover van hulle weg as moontlik.
  • Probeer uitvind by u werknemers, baie subtiel van enige verwikkelinge in hierdie verband. Wees egter verseker dat hulle u by uitsondering sal inlig, aangesien hulle ook geintimideer word, of net bloot rassisties is.

Graag wou ons net bogenoemde onder u aandag bring om u net daardie klein voorsprong van kennis te gee. Nou lê die verantwoordelikheid by u om die fisiese reëlings in plek te kry. Raak dit egter lewens gevaarlik by u woning stel ons voor dat u solank familie of vriende wat in veiliger areas woon te identifiseer en solank met hulle kontak te maak en reëlings te tref. Sou u, u huis tydelik moet verlaat. Dan hoef u nie op die nippertjie reelings te tref nie, en staan hulle deur vir u klaar oop.

Brei hierdie aanvalle so uit dat ons veiligheidsmagte dit nie kan beheer nie en gevolglik raak van ons streke lewensgevaarlik, moet u asseblief die Suidlanderweb (www.suidlanders.co.za) dophou, want daar en deur middel van ons sameroepers sal ons punte van aanmeld aan u deur gee. In ag geneem dit sal slegs gebeur in ‘n uiterste toestand, ‘n semi-Uhuru.

Ten slotte doen ons Suidlanders ‘n beroep op u om te alle tye kalm te bly en nie paniekerig te raak nie, en ook nie reg in eie hande te neem nie.  Maar eerder ons ou gesegde van, “vermy die plae waar hul val” te volg.

Graag wil ons u meedeel dat dit vir ons Suidlanders ‘n eer en ‘n voorreg is om tot diens van ons volk te wees.

Knegte van die Allerhoogste teen die hele wereld vry.

Gustav

Verskaf Kommentaar

E-pos (sal nie gepubliseer word nie)