Na wat berig word is daar reeds sowat 152 mense dood aan die nuwe varkgriep virus sedert dit sowat ‘n week gelede sy opwagting gemaak het in Mexico. Daar is ook reeds 50 gevalle in Amerika bevestig van mense wat met die virus besmet is. In Nieu-Seeland, Australië, Colombia, Chili, Denemarke, Swede, Switserland, Ierland, Is-rael, Frankryk en Suid-Korea word meer as 130 gevalle ondersoek.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het eergisteraand sy waarskuwingsvlak vir pandemies van vlak drie na vlak vier opgestoot.
Alhoewel daar nog geen gevalle van die virus in Suid Afrika gediagnoseer is nie, is die kanse baie goed dat die virus ook hier sal versprei as gevolg van internasionale reisegers wat dalk elders kan aansteek en dan hierheen reis.
Daar bestaan huidiglik geen entsof teen die virus nie en dit kan selfs maande neem om so entstaf te ontwikkel. Die virus is egter weerstandig teen antivirale middels maar die middel ”Tamiflu” werk egter om die virus te stuit.
Waarskuwingstekens vir dringende mediese aandag:
Lees gerus die berig in Beeld
