Net ‘n maand of twee gelede is daar nog wyd en syd in die Amerikaanse media berig oor die ekonomiese herstel. Een van die aanduidings was die styging in huis-aankope. Wat NIE genoem is nie, is dat baie huiskopers gekwalifiseer het vir ‘n verlaging in belasting. Vir sommige ekonomiese analiste (soos ook vir ons hier by Suidlander Redaksie) was die syfers nie verteenwoordigend van die werklike stand van die ekonomie nie.
Intussen het die afsnydatum vir die belastingvoordeel verbygegaan. Ten spyte van die feit dat die Amerikaanse Kongres die afsnydatum na 30 April 2010 toe uitgestel het, het huisverkoop syfers in Amerika in Desember met die grootste persentasie die afgelope 40 jaar geval (af met amper 17 persent).
‘n Soortgelyke kontant-insentief het motorverkope (in Amerika) aan die einde van verlede jaar ook ‘n goeie hupstoot gegee. Dit is dus baie moontlik dat die “ekonomiese herstel” waarvan daar so baie gepraat is, nie so groot is (of glad nie bestaan nie?) en dat daar nog moeilike tye voorle.
Hier is ‘n aanhaling uit die bron-artikel: “Despite fears that home prices are starting to fall again, some analysts still believe the worst is over.”
Vir ons klink dit of die ekonome se storie besig is om te verander. Ons sal almal baie bly wees as die resessie/depressie eindelik verby is, maar ons is nie so optimisties nie…
