Hierdie bladsy is 'n hulpbron tot voorbereiding in moeilike tye deur die Suidlanders, vir die Suidlanders. Neem asseblief kennis dat dit gereeld opgedateer word, en nuwe lesers word aangeraai om die argiewe deur te gaan van oudste tot nuutste poste. Vir meer inligting oor die Suidlanders, lees die "Suidlanders" bladsy.


Indien u op soek is na een van die DVDs wat deur die Suidlanders beskikbaar gestel is (daar is 6 DVDs - beskrywings is op die bladsye beskikbaar), kontak vir Naomi: 0728737005. Koste is R100 per DVD, plus posgeld. DVD 6 (dubbel DVD stel) is beskikbaar teen R120 + posgeld


Terugvoer: Polisie-aanvalle

Verskeie van ons lesers het terugvoer gelewer oor die bydrae oor aanvalle in polisie-uniforms.  Die meeste kommentaar was oor voorvalle waar mense by polisiestasies opdaag en die polisielede geen belangstelling toon om te help nie.

Ook genoem is ‘n insident (klaarblyklik op 24 Januarie op Carte Blanche gebeeldsend) waar ‘n vrou verder aangerand is in die polisiestasie deur ‘n metro polisielid (ten aanskoue van die polisielede).

Die vraag word dan gevra, waar is jy veilig?  Een leser het voorgestel dat jy jou eerder na jou gewapende reaksiemag (bv. ADT, Monitor Net ens) wend.

Nog ‘n kommentaar is dat mense wat vir die polisie wegry, hulself blootstel aan die moontlikheid dat die polisielede op hulle kan skiet.  Alhoewel dit onwettig is, en poging tot moord verteenwoordig, beteken dit nie dat dit nie kan gebeur nie.

Hierdie is ‘n moeilike vraag waarvoor niemand ‘n antwoord het nie.  Persoonlik sal ons nie stop vir ‘n ongemerkte voertuig of ‘n ongemerkte voertuig met ‘n blou lig nie.  Gemerkte polisie- of metro polisie voertuie is ‘n ander saak.  Wees maar versigtig en moenie voor die voet vertrou nie.  As jy afgetrek word, vra vir identifikasie voordat jy jou venster/deur oopmaak.




You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

Leave a Reply