Leser MartinB het voorgestel dat ‘n bietjie “superglue” geskik is om ‘n lekplek in ‘n opblaasmatras mee reg te maak.
Hy noem ook dat ‘n half-opgeblaasde leë “papsak” (die blink plastiek/foelie houer binne in ‘n 5liter vrugtesap/wyn) wat in ‘n handdoek toegedraai is, goed werk as ‘n kussing. Dis lig en klein (wanneer afgeblaas).
