Leser “T” het vir ons terugvoer gestuur oor die aanvalle te Ladysmith wat oor die laaste deel van 2008 ernstige afmetings aangeneem het.

Op 8 Januarie 2009 was daar deur die stadsraad ‘n openbare vergadering gehou om die situasie te bespreek.

Die volgende punte het meer duidelkheid gevestig op die situasie.

  • Aanvalle was meestal gekonsentreerd op twee dele van die dorp nl. Egerton en Reservoir Hills.
  • Volgens die polisie-kommissaris was 2 van die huise se deure nie gesluit nie.
  • By een huis was toegang verkry deur n koevoet
  • Mense was aangeval wat by hulle huise aankom.
  • Dit was ook vasgestel in daardie vergadeing dat die SAPS geensins vertrou word deur die inwoners van die Ladysmith nie as gevolg van hulle swak dienslewering
  • Sekere lede van die dorp het voertuie vrygestel met die doel om die woon buurtes te patrolleer, maar ten spyte van hulle pogings, was hulle gevra om dit te staak . Hulle word as ”Vigilantes” beskou.
  • Huidiglik tot nou was daar nog geen verdere aanvalle nie

Volgens die bogenoemde waar inwoners gevra is om die patrollering van strate te staak kan die afleiding gemaak word dat die stadsraad (en SAPD) geensins die reg op selfbeskerming erken nie. Indien die SAPD die beskerming aan die gemeenskap gegee het wat hulle plig is om te doen, sou die gemeenskap nie self nodig gehad het om op eie onkoste die buurte te patroleer nie. Gemeenskappe moet toegelaat word om betrokke te raak by misdaad voorkoming. Deur gereelde patrolering van woongebiede maak dit vir misdadigers dit baie moeiliker om te beweeg in die teiken gebiede en sodoende kan misdaad bekamp word.

Die Suidlanders is van mening dat dit baie beter is om eerder misdaad te voorkom deur vooruit te dink en te beplan as wat dit is om na die tyd die misdadigers te probeer vervolg. Die enigste voorwaarde wat moet heers is dat die voorkoming van misdaad moet plaasvind binne die voorskrifte van die wet, dit sal dus baie gevaarlik wees indien die gemeenskap self misdadigers probeer aankeer, aangesien daar 99% van die tyd waar die gemeenskap verantwoordelik is vir die aankeer van misdadigers ‘n klag van aanranding teen die lede van die gemeenskap gemaak word. Die beste is dus om eerder die SAPD te kontak (en te hoop hulle sal reageer) indien verdagtes opgemerk word.

Verskaf Kommentaar

E-pos (sal nie gepubliseer word nie)