Graag wil ek vir ons mense bietjie terugvoering gee oor ons vergaderings sover gehou op ons toer.
In Port-Elizabeth is ons hartlik ontvang deur ons gasheer en gasvrou: Henna en Homan Grasman en `n lieflike verblyf daar gehad. Ons wil vir hulle ook weereens se, namens die Suidlanders, baie dankie vir julle gasvryheid en moeite met `n baie suksesvolle vergadering. By hierdie stampvol saal het oom Calie van Vuuren en Jimmy Gordon `n halfuur voor die aanvang van die vergadering die mense vermaak met kitaar en konsertina wat `n baie lekker warm atmosfeer geskep het. Oom Jimmy en Calie het ook met hierdie geleentheid hulle eerste CD (Karoo-Konsertina) bekend gestel waarvan hulle ook 50 dvds vir ons gegee het, wat op ons vergaderings beskikbaar sal wees vir belangstellendes. Dankie P.E.
Ons vergadering in Hogsback wil ek graag vir Prof Tobie Louwe bedank vir sy gasvryheid en braai wat hy gereel het. Daar het ons ook `n lekker vergadering gehad en wil ook dankie se aan mense wat tot sover as 200 km gery het daarnatoe. Hogsback, voorwaar `n pragtige dorpie in die Ooskaap. Baie Dankie.
Aan Rudi van die Suidkus wil ons baie dankie se vir die vergadering gereel op Kockstad. Waar daar ook `n goeie gees geheers het. Dankie vir die inboek by die gastehuis, dit word opreg wardeer, Rudi. Dankie Braam en Rudi vir die reel van die Durban vergadering waar ons `n lekker opelug vergadering gehou het. Ook vir Steven en Tersia vir die gasvryheid tydens ons verblyf by julle.
.
Pietermaritzburg vergadering, gereel deur Martina, wil ons ook baie dankie se vir al die reelings met die vergadering en ook die oornag fasiliteite wat vir ons gereel was. `n Baie sinvolle vergadering is hier gehou waarvan die wat dit bygewoon het verteenwoordigers was van ander groepe, soos Wartburg en andere. Graag wil ek my wens uitspreek, dat hierdie verteenwoordigers die dringendheid en die erns van dit wat ek met hulle gedeel het sal oordra aan hulle groepe.
Gisteraand het ons `n vergadering gehou in Ladysmith en wil ek die organiseerder bedank vir sy reelings in hierdie verband. Ook soos al die ander vergaderings, `n hartlike en eensgesinde gees wat hier geheers het. Net so is ons ook hartlik en gasvry ontvang deur Johann en sy vrou.
Daar is heelwat interresante verwikkelinge rondom onder andere die opleiding in Luhathla wat ek op my vergaderings met ons mense deel. Alle inligting wat ek op my vergaderings gebruik word uit ons daaglikse koerante saamgestel om vir u `n duidelike prentjie te skets van hoe alles oor die afgelope paar jaar steeds soos `n goue lyn afstuur op `n revolusie, wat nie meer te lank sal vertoef nie.
Boere Groete
Gustav Muller
