Die taxi staking wat gedreig het om die verkiesing omver te werp is Maandag afgestel deur die NTA (National Taxi Aliance). Hierdie is verseker goeie nuus en dit wil op hierdie stadium voorkom of ons dalk bo alle verwagtinge ‘n relatief vreedsame verkiesings tyd mag beleef. lees gerus meer op IOL
Die stakings van die afgelope paar weke het verseker die spanning hoog laat loop omdat dit wou voorkom dat verskeie unies die verkiesing as afpersmiddel wou gebruik om hulle wense te vervul met betrekking tot verskeie eise wat gestel was deur die verskeie unies en instansies wat betrokke was by stakings en dreigemente van stakings. Die geweld ten tye van die vervoer staking het ook bygedra tot ekstra spanning.
Ons wens dan ook van die geleendheid gebruik te maak om alle Suidlanders wat tot dusver kalm gebly het in die moeilike tye, geluk te wens met hulle goeie dissipline en volwasse benadering. Dit is weereens ‘n bewys dat die Suidlanders nou gegroei het tot ‘n gedissiplineerde organisasie wat verseker tot voordeel strek van almal wat hulle self trots Suidlanders noem. Ons handhaaf egter steeds ‘n hoër vlak van gereedheid op die stadium, alhoewel ons nie nou enige ernstige bedreigings direk kan identifiseer binne die volgende paar dae nie.
Die verkiesing is egter ‘n bietjie meer as 24 uur weg en ons kan dalk nog gevalle van geweld ondervind. Hou dus steeds u oë oop vir enige optredes wat dalk die stabiliteit in hierdie tyd kan ontwrig.
