Ons vra omverskoning dat die web blad vanoggend af was, dit was as gevolg van die hoeveelheid verkeer wat ons blad huidiglik ondervind wat meer was as die beskikbare bandwydte wat ons het. Ons het egter die bandwydte verhoog om die geweldige hoeveelheid verkeer te kan hanteer.
Graag wil ek almal bedank wat die webblad so goed ondersteun, en vertrou dat ons binnekort weer nodig sal he om die bandwydte te verhoog.
Dankie vir almal wat laat weet het van die probleem, dit wys net weereens hoe belangrik die inisiatief vir ons mense is.
