Ons as Suidlanders is almal mense wat bewus is van die aaklige werklikheid om ons, elke dag is daar meer en meer van ons mense wat aangerand en wreedaardig vermoor word. Ons is deeglik bewus van die haat wat in ‘n groot groepering van die anderskleurige gemeenskappe gedra word teenoor die blanke. Hierdie bedreigings tesame met die vernietiging van ons morele standaarde en volkskultuur is ‘n volgehoue proses deur diegene wat die blanke nie die son gun wat oor ons skyn nie.
Die blanke gemeenskap het oor die laaste paar jare uitmekaar gespat, elkeen net bekommerd oor sy eie oorlewingsstryd. Dit het ons as blankes weerloos gelaat, twis en tweedrag is aan die orde van die dag. Ons stry oor alles, maar bereik niks. Die selfsugtige selfvoldane blanke in Suid Afrika het uiteindelik sy opwagting gemaak, sodoende kan die vyand nou doen waarmee hy goed is – verwoes. Die hele idee agter volke wat nie meer hulle eie waardes najaag nie, is niks anders as om daardie groepering te vernietig nie.
Die Suidlander omgee-groepe is daarom ingestel om sodoende weer ons gemeenskappe met gemeenskaplike belange bymekaar te bring. Elke gemeenskap het hulle eie unieke situasies wat hanteer moet word, daarom is die omgee-groepe idiaal om elke gemeenskap se unieke situasie aan te spreek. Die groepe help nie net om ons mense weer byeen te bring nie, maar help ook om almal in die gemeenskap ingelig te hou van gebeure en moontlike veiligheidsrisiko’s in hulle onmiddelike omgewing. Gemeenskappe kan dus beplan rondom dit wat in hulle eie omgewing werkbaar is om sodoende hulle eie veiligheid te verbeter.
Daar is huidiglik omgee-groepe wat al deur die wettige prosesse gegaan het om hulle eie gemeenskaps polisieeringsforums te stig, dit te implimenteer en in samewerking met die SAPD en sekuriteitsmaatskappye ‘n veiliger omgewing geskep het vir al die inwoners van die omgewing.
Sekere groepe het gemeenskaps projekte geloods waar daar voorsiening gemaak word vir die minder bevooregtes onder ons eie mense. Die regering maak bitter min voorsiening vir ons mense wat swaar kry, en dit is ‘n riem onder die hart om te hoor van Suidlanders wat in hulle omgewing ‘n verskil maak waar staatsorganisasies geen verskil maak nie.
Die bewusmaking van moontlike bedreigings, en die ondersteuning van ons mense onder mekaar in die verband, help sodat almal nie net voorbereid is nie, maar ook dat vrees en paniek vermy sou word indien die groot aanslag sou plaasvind. Die voorbereiding kan in verskillende scenarios tot voordeel wees, noodplanne vir alle moontlike gevalle van nood kan help dat daar te alle tye onmiddelike optrede is volgens die situasie, sodoende word paniek en wanorde tot die minimum beperk.
Die huidige intensifiseering van die aanslag teen die blanke deur moordbendes, nie net op plase nie, maar ook in die stedelike gebiede, maak dit uiters noodsaaklik dat daar ‘n ondersteuningsgroep met wees sodat elke persoon die maksimum beskerming deur middel van advies en inligting kan geniet. Onmiddelike optrede deur bure en vriende in die geval van nood verminder ook die kans dat aanvalle teen blankes suksesvol uitgevoer kan word. Ongelukkig vrywaar dit niemand van enige beserings of selfs die dood nie, maar dit verbeter wel die kans op oorlewing.
Daar sal gedurende die volgende paar maande baie meer dringend gekyk word na oplossings om ons mense binne die wet te beveilig in ons onmiddelike omgewing. Ons beveel ook aan dat daar binne die groepe spesefiek gekyk word na onmiddelike beveiliging van elke persoon se huis, en die omgewing waar u mag beweeg. Kyk na praktiese raad rondom elke persoon se veiligheidsbewustheid.
Ons wil ook weereens beklemtoon dat die Suidlanders geen onwettige optrede sal goedkeur of onderskryf nie, maak dus dubbel seker dat alles wat aangepak word 100% binne die riglyne van die wet is. Suidlanders is nie kriminele nie, en as u u self sou skuldig maak aan enige oortreding van die wette dan kan u uself nie ‘n Suidlander noem nie maar eerder ‘n krimineel.
Indien u nog nie deel is van ‘n omgee-groep nie kan u self een begin deur u naaste vriende en bure te nader, kontak dan die sameroeper in u omgewing sodat u ingelig kan word van die korrekte werkswyses en beplanning wat reeds in plek is vir u omgewing.
Suidlander Omgee-groepe is dus niks anders as ons eie mense wat self verantwoordelikheid neem vir hulle eie omstandighede nie.
