‘n Suidlander Funksie sal op Saterdag 25 Oktober by die Midvaal Renbaan plaasvind om 14:00. Die spreker sal die Onderleier van die Suidlanders, mnr Johann Le Roux wees.

Die roete aanduidings is as volg;

As jy van Johannesburg af kom, neem jy die R59 Na Meyerton. Neem dan die Johan Le Roux afrit na die Meyerton CBD. By die stop draai links. Ongeveer 100meter sal jy nog n stop kry, met n Zenex vulstasie op die Regter kant. Oorskry die stop en ry oor die brug. Onder die brug sal n treinspoor wees, met n industriële gebied aan jou linker kant.

Aan die onderkant van die Brug sal jy weer n stop kry, aan jou regterkant sal jy African Products sien, Oorskry die stop ook. Ongeveer 300meter sal jy weer n stop kry, met n Engen vulstasie aan jou regter kant en n brandweer stasie aan die linker kant. Oorskry die stop ook. Jy sal dan n rugby veld sien aan die linker Kant, en dan n stop Kry. Draai regs by die stop. Jy sal dan in Verwoerd laan wees. Volg die pad tot dat jy weer n stop kry met n Engen Vulstasie op jou regter Kant. Draai links en volg die pad.

Ongeveer 200 meter verder sal jy oor n brug ry, wat die Kliprivier oorskry. Ry reguit aan tot jy verby die begraafplaas aan jou linkerkant verby gaan gevolg deur n stop. Jy sal oplet dat n renbaan langs die stop geleë is. Draai links by die stop, en ongeveer 200 Meter draai weer links by die renbaan in. Die plek se naam is Midvaal Ren baan.

As jy van Vereeniging se kant af kom, neem die R59 Tot by Johan Le Roux Afrit, en volg die instruksies Bo.

Verskaf Kommentaar

E-pos (sal nie gepubliseer word nie)