Die vrouens van Vryheidstreek hou vergadering op 1 Oktober 2008 en een van die mooiste boodskappe word van hulle openbaar.
Moeders moet begin toesien na hul kinders se emosionele toestand, deur hulle vooraf te maan tot kalmte en absolute ordelike dissipline en geestelike voorbereiding. Geloof in onse Vader en die hand na mekaar toe uitreik, mekaar vertrou en saamstaan in die tyd wat vir ons voorlê. Vrouens sal en moet hul mans inspireer om hul “dop en tjop” en hul sport God op TV te los en hulle skille van hulle oë te verwyder. Agter elke gelowige volksman staan ‘n gelowige volksvrou en kind.
Ons staan aan die vooraand van ‘n nuwe begin. Onse Vader gaan ons erfland aan ons terug gee, ongelukkig met bloed en traan. Met net die oorblyfsels van die gelowiges wat sal oorbly om in vrede en vryheid te leef.
Elke man, vrou en kind behoort die knie te buig voor onse Vader en ons te bekeer van ons ongeregtighede.
Verder is noodvoorrade en noodplanne bespreek en die aand is met gebed afgesluit.
Baie dankie aan hierdie vroue.
Saamgestel deur Noord-Natal Streeks Organiseerder Vryheid.
(nota van Adjunkredakteur – Ek hoop dat die skrywe soos ontvang vanaf die Suidersterre in Vryheid as inspirasie sal dien vir al die vroue, en dat die ander streke ook spoedig die Suidersterre aksie in hulle eie areas sal opneem en in plek sal kry. Die terugvoer vanaf die Vryheid streek was absoluut ongelooflik goed. Ek wil graag al die dames daar baie sterkte toe wens met hulle aksies)
