Stakers het gister in Nelspruit die krag by verdelingspunte afgesit en sodoende tot gevolg gehad dat besighede miljoene rande in potensieële inkomste verloor het. Die stakers het ook na die munisipale kantore gegaan en al die nie-stakende uit die gebou verjaag.
Die feit dat die optrede nie deur die Polisie gestop is nie dui daarop dat die polisie of nie in staat is om die stakers te beheer nie, of dat die polisie eenvoudig nie hulle werk doen nie.
Daar was reeds etlike dae voor die staking gevra dat veiligheid opgeskerp sal word by munisipale kantore om nie-stakende werkers te beskerm. Duidelik is daar nie gehoor gegee aan die versoek nie.
Lees gerus meer in die BEELD
