Indien ‘n familie besluit om te onttrek in geval van ‘n krisissituasie, moet die keuse van staanplek weldeurdag wees. Grootte, beskikbaarheid van sanitasie geriewe en water, ensovoorts speel ‘n rol in die keuse van ‘n plek om te bly. Die riglyne hieronder word geplaas met ‘n hipotetiese krisis van geweld by die afsterwe van ‘n politieke leier as motivering.

Basiese Minimum vereiste vir Staanplek:

1) Daar moet water voorsiening van minstens 40 liter per gesin per dag wees.

2) 10m x 10m Staanplek per gesin.

3) Waar moontlik, nie meer as 100 gesinne op een punt (rugby veld grootte = 100 gesinne).

4) Die rugby veld grootte kampe moet minstens 500m uit mekaar gespasieer wees.

5) Die kampgangers is verantwoordelik vir die grawe van 1 toilet per 10 gesinne, hierdie perseel sal met verlaat van die kampterrein weer gelyk vol grond gemaak word. Vir 100 gesinne is ‘n area van 10m x 50m nodig vir minstens 10 toilette (10 gate) (100m vanaf die kamp). ‘n Graaf, pik, klein hamertjie, 20 vierduim spykers, 4 x 2.5m seil, figuur saag en ‘n 2m plank van +\-25mm by 100mm word benodig om ‘n put-toilet op te rig.

6) Hierdie staanplekke moet ideaal beskikbaar wees vanaf die aanvang van die situasie tot en met `n week na die afhandeling van al die formaliteite en terugkeer na normaliteit.

7 ) Terrein sal net so gelaat word soos gevind by aankoms.

8) Plaas eienaar bepaal die reëls, aangesien dit sy perseel is.

9) In elke kamp van 100 gesinne, moet die gesinne in kleiner groepe van 10 gesinne, elk met `n leier, opdeel.

10) Die eienaar van die terrein sal dan nou saamwerk met slegs die leiers (en nie elke kampganger).

11) In die geval van meer as 10 kampe per plaas is, moet ‘n verteenwoordigende leier vir elke 10 leiers gekies word.

12) Die grondeienaar moet ook `n terrein +- 100m vanaf die kamp terrein hê waar kampgangers hul afval in swart of groep plastiek vullis sakke wat goed bo geknoop is kan los, en die plaas eienaar moet iemand aanwys wat alleenlik verantwoordelik sal wees om die vullis te verbrand.

13) Indien lopende water nie binne 400m vanaf kamp beskikbaar is nie, moet plaas eienaar verkieslik elke oggend ‘n water kar by die kamp he, wat aan elke gesin sy 40 liter uitgee.

14) Plaas eienaars voorsien dus net die volgende,

a) pik en graaf om toilette te grawe

b) 40 liter water per gesin per dag

c) kamp oppervlak soos beskryf

e) reëls op die plaas

Hiermee doen die Suidlanders `n beroep op boere in die Vrystaat, Kaapprovinsie (veral Sentraal-, Oos- en Noord-Kaap), verre Wes- en Noord-Transvaal om u plase vir hierdie doel beskikbaar te stel.

Verskaf Kommentaar

E-pos (sal nie gepubliseer word nie)