Met al die voorberedings, is die norm om genoeg voorraad te he vir 3 maande, en dan ook saad wat jy met jou aankoms by die onttrekkings-punt kan plant. Na 3 maande sal die saad vrugte en groente wees waarvan jy dan kan leef, en deur dan weer en nog saad te plant, raak jy self-onderhoudend.
Ons het egter ‘n probleem. Baie van die saad is egter geneties verander sodat jy dit net een keer kan gebruik, en nie die saad uit die vrug wat opkom kan uithaal en weer plant nie. Hulle wil boere forseer om elke jaar weer saad te koop. Nou is ons op soek na organiese saad vir groente en vrugte – saad wat nie geneties so ‘verwoes‘ is nie. Indien daar iemand is wat ons kan help, sal ons dit waardeer.
