`n Woord van hartlike dank! Ons kleindogter was die naweek, in Rustenburg ontvoer. Een oproep later, en die Suidlanders het onmiddelik gereageer, en deur hulle flinke optrede was ons kleindogter, deur een van die Suidlanders langs die Kroondal pad gekry, alhoewel sy baie geskok was, het sy nie seer gekry nie. Die onvoerder se moed het hom natuurlik begewe. Alle eer aan God, wat ons gebede verhoor het, en nogmaals baie dankie, vir mense soos die Suidlanders, wat in ons tyd van nood, onmiddelik gereageer het, en te hulp gesnel het.

Annette Scheepers,

Suidlander sameroeper, Virginia!

Verskaf Kommentaar

E-pos (sal nie gepubliseer word nie)