Graag wil ek hierdie brief plaas (uit die vele wat ek ontvang het), wat in reaksie was op my brief waarin ek gereageer het op Mnr De Klerk se uitlatings oor ons manne op die grens! Voorts wil ons ook poog om meer dikwels iets oor hierdie “Geskiedenis” van ons volk te plaas. Aangesien daar heelwat inligting, betreffende die Bosoorlog is wat nie met ons mense gedeel word nie! Dit het nou tyd geword om ons mense te vertel, onder andere hoe suksesvol ons werklik was! En u net n bietjie te vergewis van die ware feite en nie met die “feite” wat die politici aangewend het as propaganda om hul oorgawe te regverdig nie!

HI Gustaf.

Ek was ook daar gewees toe 32 CHARLIE uitgeskiet is deur ‘n MIG vegvliegtuig, ek was so 20 meter vanaf jou broer se Ratel, ek sal die gesig en die bloed nooit vergeet nie, ek kry nou nog Drome oor daardie dag, vroeg Desember 1987 (15:23) OPS MODULER. Ons was maar net jong seuns gewees wat alles sou gee vir ons land & volk se voortbestaan.
Ek is nou gestrem, maar sal nie huiwer om dit weer te doen nie.

Groete aan al die manne van die 32 batteljon wat daardie dag saam met my in die bosoorlog was.

GROET

Wimpie

Dankie aan almal wat reageer op ons plasings, en dankie Wimpie! Nog meer, baie meer vir jou tweede laaste sin “Ek is nou gestrem, maar sal nie huiwer om dit weer te doen nie”. Ek salueer jou! En dit is die tipe moed wat ek by ons volk wil sien! Want met ons Skepper aan ons kant en sulke heldemoed sal niks en niemand ons van oorwinning weerhou!!!

Verskaf Kommentaar

E-pos (sal nie gepubliseer word nie)