Ons wens net weereens alle Suidlanders daarop te wys dat daar gereeld negatiewe propaganda veldtogte geloods word om die Suidlanders te diskrediteer.

Let ook daarop dat daar reeds gerugte die rondte doen van moontlike vals propaganda om mense onnodig paniekerig te maak, hierdie is die werke van persone wat nie die beste intensies het vir die blanke bevolking van Suid Afrika nie. 

MOET ASSEBLIEF OP GEEN SMS OF E-POS BOODSKAPPE REAGGEER NIE, DIE SUIDLANDERS SAL SLEGS DIREK OF PER TELEFOON OPROEP WAARSKUWINGS RIG INDIEN DIT NODIG SOU WEES. HIERDIE WEBTUISTE SAL DAN OOK DIE OPROEPE BEVESTIG INDIEN DIT GEMAAK WORD. OOK SAL SLEGS MET AANGESTELDE ORGANISEERDERS EN SAMEROEPERS GEKOMMUNIKEER WORD, EN NIE DEUR PERONE WAT HULSELF AANSTEL NIE.

Onthou ook dat die voorbereiding juis daar is om paniek in’n tyd van nood te voorkom.

Daar is op hierdie stadium GEEN bevestigde direkte bedreiging nie, alhoewel ons wel heelwat inligting op ‘n daaglikse basis kry wat daarop dui dat daar steeds moontlike onstuimige tye kan voorle.

Verskaf Kommentaar

E-pos (sal nie gepubliseer word nie)