Gustav Müller sal op die 23ste Oktober 2009 (Om 19:00) as hoof spreker optree by ‘n Suidlander funksie wat gehou sal word by “Ons Tuis” op die hoek van Soutpansberg en Parker str in Pretoria.

Hierdie funksie form deel van die landwye toer wat Gustav huidiglik onderneem. Ons het reeds terugvoer gegee van verskeie ander funksies waar Gustav reeds opgetree het en die algemene terugvoer is dat die mense dit baie waardevol vind. Die boodskap wat Gustav huidiglik uitdra het ‘n baie diep geestelike inslag maar sluit ook ‘n vooruitskouing in van die omstandighede in Suid Afrika en waarheen dit onderweg is.

Na afloop van Gustav se toespraak sal die Suidersterre (Die Suidlander vroue) ook ‘n spesiale bespreking hê vir die vroue.

Ons nooi alle belangstellendes om die datum te boekmerk. Geen besprekings sal nodig wees nie, en u is welkom om al u vriende en familie ook te nooi om die aand by te woon.

Geleendheid sal gebied word vir persone wat nog nie deel is van omgee groepe nie om ook in te skakel.

Verskaf Kommentaar

E-pos (sal nie gepubliseer word nie)