Na aanleiding van die voorgenome verandering van 27 straatname in Pretoria die volgende:
Die name wat geoormerk is vir verandering is as volg.
Pretoriusstraat
Schoemanstraat
Van der Waltstraat
Andriesstraat
D.F. Malanrylaan
Prinsloostraat
Genl. Louis Botharylaan
Hans Strijdomrylaan
Michael Brinkstraat
Charlesstraat
Walkerstraat
Hendrik Verwoerdrylaan
Lucas Mangoperylaan
Leah Mangopehoofweg
Schubartstraat
Esselenstraat
Kerkstraat
Duncanstraat
Beatrixstraat
Proesstraat
Paul Krugerstraat
Potgieterstraat
Vermeulenstraat
Jacob Maréstraat
Skinnerstraat
Voortrekkersweg
Koningin Wilhelminarylaan
Zambesirylaan
Mearsstraat
Mitchellstraat
Hierdie vernietiging van ‘n volk se geskiedenis is nie iets nuuts nie, ons het dit in die verlede gesien in plekke soos Kenya waar die Mau Mau selfs sover gegaan het om die grasperke voor huise uitgegrawe het omdat dit hulle “te veel herinner” het aan die blankes wat voorheen die land opgebou het.
Hierdie vernietiging van nie net die geskiedenis nie, maar ook infrastruktuur het al die volke wat dit toegelaat het baie armer gemaak en in baie gevalle selfs vooruitgang gestuit.
Die gedurige pogings in Suid Afrika om straat en dorpsname te verander is verseker weens die feit dat die ander nasies die blanke geen lewensruimte gun nie. Hierdie miskenning van ons geskiedenis en lewensruimte dra ook verseker by tot ‘n toestand van VOLKSMOORD aangesien dit die gemeenskappe nie net POLARISEER nie maar ook deel het in die DE-HUMANISERING van die blanke. Dit skep die indruk onder ander volke groepe dat die blanke NET SLEG is, en dus geen respek verdien nie.
Die Suidlanders sien al hierdie pogings om ons geskiedenis te vernietig in ‘n baie ernstige lig, en versoek daarom al ons ondersteuners om die APS (Aksie Pretoria Straatname) te ondersteun en deel te neem aan die verskeie optredes wat deur die APS onderneem word.
Gegewe die kostes wat die naamsveranderings tot gevolg sal he (ongeveer R800 miljoen), wens ons ook te noem dat indien daardie fondse eerder gespandeer word om werkskepping te bevorder deur die daarstel van geleendhede vir werkloses sal dit as ‘n teenvoeter teen misdaad kan dien in die arm gemeenskappe. Hoekom die geld mors op die vernietiging van ‘n volk as jy jou eie mense eerder kan opbou deur hulle lewens omstandighede te verbeter?
