Leser KH het die volgende vraag en opmerkings:
Wat van vierwiel of motorfietse? As mens dit het sal dit goed wees om dit saam te neem die dag as jy onttrek, mits jy natuurlik brandstof vir dit het. Dit kan help om miskien verkenning te doen, water aan te ry ens… Dis aansienlik ligter op brandstof as voertuie…
Ons stem saam. Dit sal handig wees om ‘n motorfiets te he vir nog ‘n paar redes. Wanneer onttrek word en die groep uitbeweeg na ‘n VAP, dan kan die persoon op die fiets vinnig tot by die verteenwoordiger om te hoor waarheen om te gaan, en kan dan terug na sy groep om vir hulle aanwysings te gee. Dit kan ‘n moontlike opeenhoping naby die VAP verhoed.
Ek verstaan nie hoekom julle al die parte wil saam karring nie – as jy ‘n ou voertuig het maak dit seker sin. Maar vir ‘n nuwe en betroubare voertuig maak dit glad nie sin nie. Veronderstel jy het 1000l brandstof gaan jy op die uiterste 15000km ry meeste voertuie se diens intervalle is 15000km en as jy dit met 5000 of selfs 10000km oorskry gaan daar nie veel met die voertuig verkeerd gaan nie?
Goeie vraag. Eerstens, neem gerus ‘n lug-filter, veral as jy baie stofpad gaan ry. Op ‘n stofpad word hy vinnig vuil en onbruikbaar. Selfs so min as 5000km is soms te veel.
Verder, wat van mense wat skielik moet onttrek ‘n week voor die voertuig moes gaan vir sy diens? Dan het jy nie 15000km buffer tot die volgende diens nie. Die parte is ook nie net vir terwyl ons onttrek nie, dis ook vir na die tyd. Ons weet GLAD nie waarheen ons terugkom nie. As jy wil sukkel om parte te kry vir ‘n diens sodra ons terugkeer na die beskawing (wat daarvan oor is), los dan die parte.
Onthou, ons praat net van ‘n paar van die belangrikes, nie elke moontlike part nie. Moet asb. nie probeer om ‘n spaar ratkas of enjin saam te neem nie! Dit behoort nie veel geld of spasie op te neem nie, maar kan jou iewers langs die pad net BAIE help.
