Leser PieterB het ‘n bydrae gestuur met die naam van ‘n Afrikaanse boek oor oorlewing: “Hoe om te oorleef in die stad en in die veld”, geskryf deur Ina Magdalena Booysen. Die ISBN nommer is 0-620-24318-X. Ons kon hierdie boek nie opspoor op die web-blaaie van Kalahari.net of Exclusive Books nie. Indien iemand weet waar die boek bekom kan word, laat ons asb. weet.

In dieselfde e-pos het ons ‘n oorlewingshandleiding deur Francois C. Terblanche (in pdf formaat) ontvang. Sodra ons aflaai-area op hierdie blad in werking is, sal ons die dokument (saam met ander) daar plaas.

Verskaf Kommentaar

E-pos (sal nie gepubliseer word nie)