‘n Interessante tegniek waarop ons onlangs afgekom het, behels die ontsmetting van water deur middel van ultraviolet-strale vanaf die son.
Die tegniek, in kort, is om water in ‘n deurskynende plastiekbottel (soos ‘n 2-liter koeldrankbottel) te tap, en vir 6 ure in die direkte son te los. Die ultraviolet strale maak die skadelike bakterieë in die water dood.
Dis belangrik dat die 6 ure riglyn vir helder water geld. Ultraviolet strale kan nie deur modderige water dring nie, en effens melkerige water moet langer in die son gelos word. Modderige water moet so ver moontlik gefilter word.
Dis ook ‘n goeie idee om hierdie nie as primêre tegniek vir watersuiwering te beskou nie, maar eerder as ‘n rugsteun metode indien ander metodes nie beskikbaar is nie. Net nog ‘n troefkaart in jou oorlewings-”arsenaal” van tegnieke.
Lees meer oor die ontwikkeling van die tegniek by Solar Water Disinfection
