Op 20 April 2009 is daar ‘n nuwe griep virus in Mexico geidentifiseer. Daar is reeds meer as 1000 mense besmet en reeds meer as 60 mense dood aan die virus gedurende die week.
Die Wêreld Gesondheids Organisasie (WHO) is bekommerd dat die virus enige vorige griep epidemie kan oortref. Die virus is uitgeken as ‘n nuwe virus bekend as H1N1 en is ‘n mengsel tussen virusse afkomstig vanaf voëls, varke en mense. Daar bestaan huidiglik geen inentings wat die virus by mense kan stop nie, maar wel wat dit in varke kan stop.
Die virus vesprei tussen varke en mense, en ook tussen mens en mens. Met internasionale reisegers wat tussen alle kontinente en lande reis, kan die virus baie vinnig wêreldwyd sy verskeining maak.
Daar is reeds gevalle waar mense besmet is met die virus ook aangemeld in Amerika (Texas). Daar word reeds aanvaar dat die virus heel moontlik wêreldwyd sal versprei en dat miljoene mense met die virus besmet sal word.
Daar is ook weens die seldsame samestelling van die virus goeie rede om te glo dat die virus in ‘n laboratorium ontwikkel is en dus heel moontlik kan deel uitmaak van een of ander “chemiese wapen” wat deur een of ander land ontwikkel is vir oorlogvoering.
Ons is ook oortuig dat die gesondheidsdienste in SA nie noodwendig gerat sal wees om so uitbraak in SA te kan hanteer nie. Op hierdie stadium kon die virus egter slegs in Mexico en Amerika uitgeken word, maar dit is verseker ‘n virus wat indien dit in Afrika beland, baie hoë sterftesyfers tot gevolg kan hê weens die algemene swak higiëniese toestande in Afrika.
Griep in perspektief
In 1918 met die Spaanse griep epidemie is nagenoeg 50 miljoen mense wêreldwyd dood.
Jaarliks is daar tussen 250 000 en 500 000 sterftes wêreldwyd as gevolg van “gewone” griep.
Die Asiese griep epidemie van 1957 het ongeveer 2 000 000 lewens geeis.
In 1976 was daar ook ‘n varkgriep epidemie wat uitgebrek het in New Jersey Amerika. Nagenoeg 40 Miljoen mense is toe teen die virus inge-ent. Die virus het egter nooit die area verlaat nie.
Die H5N1 (Voëlgriep) epidemie het sedert 2003 slegs 275 lewens geeis in 15 lande. 300 miljoen voëls moes vernietig word om die virus te stuit.
In die meeste griep epidemies is dit die ou mense en jong mense wat die meeste sterf. Wat egter interresant is, is dat die H1N1, net soos die 1918 virus, eerder jong gesonde volwassenes eerste tref.
Bronne:
How swine flu spreads in humans
