Hier is nog ‘n skakel na ‘n artikel op die web oor ‘n nie-elektriese verkoelings idee wat met sukses in Sudan gebruik word.

Die basiese beginsel is die verdamping van water. Hoe dit gedoen word, is om twee kleipotte binne-in mekaar te plaas met ‘n laag nat sand tussen die potte. Die water wat verdamp (deur die buitenste pot) onttrek hitte van die binneste pot, en hou verskeie kilogram vrugte/groente vars vir ‘n paar weke (die artikel noem 12kg en drie weke).

Voorbeelde van die verbetering in berging-tyd word gegee, soos bv:

Tamaties, sonder pot 2 dae, met pot 20 dae.
Wortels, sonder pot 4 dae, met pot 20 dae.

Skakel:  How a zeer pot fridge makes food last longer

Verskaf Kommentaar

E-pos (sal nie gepubliseer word nie)