Berig deur A Rabie:
1 Jan 1918 – In Europa staan n man met blauw pak klere en wit boordje en kijk hiernatoe.
Oom Nicolaas sê hierdie gebeure is niks ander as ‘n wonderwerk nie. Dinge in Duitsland sal baie skielik verander wanneer n belangrike en sterk Duitse leier (blauw pak klere,wit boordjie) op die voorgrond gaan tree,en die weermag oorneem.In ‘n dramatiese aankondiging gaan hy dan ook bekend maak dat hy die boere se saak goed gesind is.
(Bron: “Siener van Rensburg – Boodskapper van God” deur Adriaan Snyman.)
In die aanlyn tydskrif The trumpet.com van 18 Jan.2010 onder die opskrif “Germany’s Political Crisis” skryf Ron Fraser “Should Germany’s political crisis result in the coalition government becoming literally unworkable,it could destroy Angela Merkel’s chancellorship and result in representation to the German president,Horst Kohler,to appoint a leader to caretake the governance of the country till an alternative government can be elected.Such a situation would lend itself to presidential appointment of the only bright and shining political star in Germany,the very man the Trumpet has urged its readers to watch,Germany’s most popular politician – Karl-Theodor zu Guttenberg.
Hy skryf verder “So great is the crisis of leadership in the German government that the chancellor called a behind-closed-doors meeting with her coalition leaders for Sunday, January 17.”
“A majority of Germans seeChancellor Angela Merkel as a weak leader,a poll suggested.”
In ‘n ander berig op The trumpet raak die Duitse bevolking toenemend ongelukkig oor Angela Merkel se toegeneëntheid teenoor Israel.
Lees ook gerus hierdie berig van The Trumpet (a New German defence Giant fulfills prophecy)
Die volgende is ‘n aanhaling uit Die Vaandeldraer November 2009.
“Kyk ons nou na Duitsland, Dit wil amper lyk of gebeure daar die aanloop kan wees vir sy gesig oor die “Duitse mililitêre leier wat na ons kant toe kyk”, en uiteindelik hulp gaan stuur. Op 23 Oktober vanjaar het Angela Merkel die 37-jarige baron, Karl-Theodor zu Guttenberg, aangewys as haar nuwe minister van verdediging. Dit skaars agt maande nadat sy hom aangestel het as min is ter van finansies, en hy die pos uitstekend behartig het – deur sy toedoen, is o.a. die Opel motormaatskappy van ondergang gered. Baron Zu Guttenberg met ‘n doktorsgraad in politieke wetenskap se meteoretiese opgang is ongeëwenaard in die na-oorlogse Duitse politiek. Hy het Merkel self gevra vir die pos van verdediging. Net soos sy, is hy ook sterk konserwatief grootgemaak. Die liberale pers verwys dikwels snedig na sy verbintenis met verregses, soos Edmund Stoiber, en die eertydse konserwatiewe Duitse kanselier, Franz-Josef Strauss. Terloops, mnr. PW Botha het in sy boek, Stem uit die Wilderness, daarvan meld ing gemaak dat kanselier Strauss Suid-Afrika goedgesind
was.
Gedurende die Koue Oorlog was baron Zu Guttenberg se oupa bekend vir sy konserwatiewe uitsprake. Sy ma is in 1985 getroud met Adolf von Ribbentrop, die seun van Hitler se destydse min is ter van buitelandse sake, Joachim von Ribbentrop. Sy voorouers het ons gedurende die 2de Vryheidsoorlog nie net in ons stryd teen die Engelse bygestaan nie, maar van hulle was so entoesiasties oor ons taal dat hulle dikwels saam met die Boere van ons bekendste liedjies gesing het. Siener het op 3 No vem ber 1915 gesien hy is tussen die Duitsers en hulle is baie plesierig, en onder hulle is daar ‘n man met ‘n swart hoed (keil) op sy kop wat na ons kant toe kyk. Edelliede dra dikwels by spesiale geleenthede ‘n swart pluiskeil of hoed op die kop.
Kan die verskyning van hierdie jong Duitse min is ter van verdiging dalk iets te doen hê met siener se bekende gesig van ‘n Duitser met militêre verbintenis wat ‘n belangrike rol gaan speel wanneer die vyf Duitse oorlogskepe hulle opwagting in Lüderitzbaai gaan maak? In hierdie stadium wil mens nie te veel sê nie, maar ons het betroubaar verneem dat van ons eie “konserwatiewe” volksgenote baron Zu Guttenberg reeds ontmoet het…”
Dit is baie opwindende tye waarin ons lewe met profesieë wat voor ons oë in vervulling gaan.Dit is nou die tyd, meer as ooit,dat ons ons verhouding met ons hemelse Vader versterk en opbou,want in die tyd wat vir ons volk voorlê is dit net Sy reddende hand van liefde en beskerming wat ons hierdeur gaan dra.
