Hallo Moeder Afrika.
Ek’s Jou kind van n Europese pa.
Afrikaner, volk sonder land
My koning septer in n vreemde hand

Dingaan wou my uitroei.
Die Engelseman het my plaas geskroei
My vel is wit jou wet is swart.
Het jy plek vir my Afrikaner hart.

My helde het laas perd gery.
My vryheid, het ek by De la Rey gekry.
Apartheid het dit uitverkoop.
Het vryheid van my weg geloop?

Refrein

Sal jy antwoord op my roepstem
Kan jy offer wat ek vra.
Bly ek lewe gaan ek sterwe.
Is jy nog my Afrika?

Pietersburg en die ou Transvaal,
Word uit die kaartboek gehaal.
Is dit die lot van my Afrikaner taal?
Sal my woorde op dowe ore val.

My gees is rou my gemoed gebind
Wanneer sal ek rus kan vind
Sal ‘n Boer my weer kom lei.
Sal my septer weer sy pallem kry.

Ek is klaar met die bakleiery.
Wit en swart moet sy vrede kry
Ek will net my vryheid he.
Se my waar my grond nou le?

Refrein

Sal jy antwoord op my roepstem
Kan jy offer wat ek vra.
Bly ek lewe gaan ek sterwe.
Is jy nog my Afrika?

Deur Johan Theunissen 2010-01-11
Alle regte voorbehou

Verskaf Kommentaar

E-pos (sal nie gepubliseer word nie)