Dit is ‘n onbetwiste feit dat misdaad in Suid Afrika geheel en al buite beheer is en dat die veiligheidsmagte eenvoudig nie die vermoëe het om die misdaad onder beheer te bring nie. Dit is ook so dat die woorde van Zuma die week dat die polisie moet “skiet om dood te skiet” nogal heel goed op die oor kan val van die persoon wat reeds keelvol is vir die hoë misdaad syfers in die land.
Daar moet egter eers goed gekyk word na die implikasies van so ‘n stelling voor dit eenvoudig as ‘n oplossing vir die groot mate van wetteloosheid in die land aanvaar kan word.
Met die stelling word die gemmidelde polisieman feitlik sonder voorwaarde die mandaat gegee om as ondersoekbeampte, vervolger en regter op te tree. Dit beteken letterlik dat die polisie beamte, ongeag van die kans dat iemand dalk onskuldig kan wees in ‘n saak, summier die “doodstraf” kan voltrek op enige verdagte sou die beamte dit goed dink. Hierdie stelling is verseker ‘n baie roekelose stelling om te maak, en dan is dit nog bonop vanaf iemand wat in die hoogste posisie in die land sit.
Is daar nie dalk ook ander meer regverdigbare redes dat misdaad so erg buite beheer is nie? Wanneer ons kyk na die meeste ernstige misdade in die land is daar verseker ‘n neiging dat hierdie misdade in baie gevalle gepleeg word deur onwettige (en selfs wettige) imigrante vanaf ander Afrika lande soos Zimbabwe, Nigerie en Mozambique. Dus kan die afleiding gemaak word dat dit ter wille van misdaad bekamping ‘n uitstekende teenmisdaad aksie sal wees indien die invloei van buitelanders geensins verder geduld sal word nie, en dat die wat reeds hier is so spoedig moontlik gedeporteer moet word. Dit alleen sal reeds bydra tot ‘n verlaging in die misdaad syfers.
Die ander faktor wat ernstig oorweeg moet word is die verwoestende effek wat Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) in die veiligheidsmagte gehad het. SEB het tot gevolg gehad dat DIE beste polisie-manne en vroue die diens verlaat het aangesien daar baie ernstig teen hulle gediskrimineer word. Hierdie “breindrein” tesame met onvervangbare jare se ondervinding wat vir die polisie vir ewig verlore is het verseker ‘n onsettende effek gehad op die effektiwiteit van die SAPD.
Die (oneffektiewe) aanstellings in Senior posisies wat suiwer vanuit ‘n “polities korrekte” oogpunt gemaak is het verseker ‘n uitwerking gehad op die moraal van die polisie beamtes wat steeds toegewyd was tot hulle diens aan die publiek. Dit het ‘n duidelike boodskap gestuur dat politiek ‘n baie belangriker faktor is in die veiligheidsmagte as die welsyn van die burgers van Suid Afrika.
Om nou aan elke polisie beamte die “volmag” te gee om eenvoudig te skiet om dood te skiet is dus uiters onverantwoordelik teenoor die algemene burger in die land en gaan geensins die polisie in ‘n effektiewe misdaad voorkomings departement verander nie.
Wat dink Mnr Zuma sal die gevolge wees indien iemand onskuldig doodgeskiet word omrede die polisie beamte eenvoudig besluit het dit is nodig? Dit kan baie maklik aanleiding gee daartoe dat gemeenskappe in opstand kan kom teen die veiligheidsmagte en ’n aanloop tot algehele anargie in die land kan ontketten word.
Daar moet verseker BAIE, BAIE strenger opgetree word teen misdadigers. Maar daar moet eers hand aan eie boesem geslaan word voordat sulke uitsprake as “aanvaarbaar” uitgedra kan word. Die effektiwiteit van die polisiediens sal eerstens baie hard aan gewerk moet word. Die nodigheid om SEB af te skaf in die veiligheidsmagte sal onmiddelike aandag moet geniet, en effektiewe “oud” polisie beamtes moet weer aangestel word om sodoende die effektiwiteit terug te bring.
Hierdie “wilde weste” benadering gaan verseker nie misdadigers afskrik nie, inteendeel, dit gaan eenvoudig daartoe lei dat misdadigers beter bewapen sal wees en makliker en vinniger sal lostrek op die polisie of selfs die publiek. Die regering het nodig om hulle uitkyk te verander rondom “swartbevoordeling” en eerder baie meer aandag spandeer aan effektiwiteit om misdaad te voorkom. Redes vir misdaad moet deeglik ondersoek word en ‘n omgewing geskep word waar die redes wat aanleiding gee tot misdaad nie meer teenwoordig is nie. Eerder as om die polisie meer “brutaal” te maak sal dit dus ‘n BAIE beter oplossing wees om hulle eerder meer effektief te maak. Wanneer ons ook kyk na die afgelope paar weke se geweld gedurende stakings wat uitgevoer word teen korrupsie en swak dienslewering, dan sal dit dalk ook ‘n goeie idee wees om sommer alle staatsdepartemente meer effektief te maak eerder as net “polities korrek”.
Indien daar voortgegaan word met hierdie “skiet om dood te skiet” houding en aanstellings in staatsdepartemente wat gemik is op ”swart bevoordeling” eerder as effektiewe bestuur, is dit ‘n bewys dat stabiliteit nie werklik ‘n groot preoriteit is nie.
Mnr Zuma, alhoewel die polisie eenvoudig nie net kan toeskouers wees in ‘n vuurgeveg nie, is jou stelling gewaagd en onverantwoordelik teenoor die wetsgehoorsame burgers van die land!
