Mbeki apelleer nou teen die uitspraak wat deur regter Nicholson gemaak was. Gegewe die feite wil dit voorkom of hy ‘n baie goeie saak het. Indien die appel slaag gaan dit sekerlik redelike gevolge he.
Daar is sonder twyfel nog heelwat Mbeki ondersteuners in die land, en met die kommuniste wat dan van Donderdag af effektiewelik die parlement sal oorneem sal mens net wonder wat die twee groepe gaan doen. Sal die Mbeki ondersteuners net terugsit en die nederlaag sommer so aanvaar, veral indien Mbeki sy saak in die hof wen.
Daar was reeds vandag op verskeie plekke stakers gesien, Volgens ‘n vervoer maatskappy wat betrokke is by die vervoer van steenkool na die kragstasies was daar vandag ‘n groot verslapping in die produksie van steenkool by die myne en het van die voertuie baie langer tye as normaalweg gestaan en wag vir vragte.
Die invloed van die situasie op stabiliteit in die land sal verseker binne die volgende paar dae gesien word, en is ‘n sneeubal effek nie uitgesluit nie.
Die Johannesburg se Effekte beurs het verseker vandag die pyne gevoel van die bedankings van die ministers, maar het wel teen laat middag effe herstel, die invloed was egter steeds gesien deur dat die meeste aandele laer gesluit het. Hou dus ook die beurs dop oor die volgende paar weke.
Ons het ook vandag die nuus gekry dat een van die grootste banke in Suid Afrika beplan om ‘n groot hoeveelheid van hulle huislenings afdelings te sluit. Dit is verseker meer as gevolg van die verslapping van die ekonomie eerder as die politieke onstabiele toestand. Die feite is egter dat dit ‘n groot aanduiding is van hoe swak die ekonomie nou reeds is, en kan die politieke onsekerheid ‘n nog groter invloed op die ekonomie in geheel he. Tito Mboweni het ook vandag ernstig bekommerd gelyk a.g.v. die inflasie koers wat die repo koers verbygesteek het en gaan ons verseker nou weer rente koers verhogings sien inkom.
Hoeveel van die terugslae sal die ekonomie kan hanteer voor alles dalk BAIE slegter sal gaan?
