Ons het ‘n bydrae ontvang van leser HeinG, wat daarop wys dat die lys wat onlangs gepubliseer is (rugsakinhoud) ‘n kompas en watersuiweringstablette kort.

Enigiemand wat die nuus lees, sal saamstem dat ons watervoorraad in Suid-Afrika al swakker raak.  Watersuiweringstablette is dus ‘n BAIE goeie idee.  Die Chlor-Floc handelsnaam is baie bekend as ‘n goeie produk.  Dieselfde maatskappy maak ook ‘n produk WaterMaker, wat in ‘n poeiervorm verkoop word, en wat gebruik word om groter volumes te suiwer.  Volg die instruksies op die verpakking.

‘n Kompas is ‘n debatteerbare item.  Dis nooit ‘n slegte idee om ‘n goeie klein kompas in ‘n rugsak te he nie, en ‘n kompas kan mens help voorkom om in sirkels in die bos rond te loop.  Maar baie min mense beplan om baie kilometers deur vreemde bosse te stap nie…

Ideaal moet mens ‘n kompas, ‘n goeie kaart (of stel kaarte) hê, en moet mens weet hoe om dit te gebruik.  Dit hang nie soos ‘n GPS ontvanger af van krag om te werk nie.  Maar om ‘n volledige stel kaarte rond te piekel is ook nie altyd prakties nie.  En dit gaan ook nie help as mens in ‘n krisis eers moet leer navigeer op kompas en kaart nie.  Die gebruiker moet goed bekend wees met die verskil tussen ware noord, magnetiese noord, kaart interpretasie en -skaal, en die gebruik van die toerusting.

Verskaf Kommentaar

E-pos (sal nie gepubliseer word nie)