As jy bereid is om effens moeite te doen, is daar baie energie-effektiewe maniere om kos gaar te kry. Een van hierdie maniere is die “Wonder Box cooker” – dis ‘n materiaal isolator lyk soos twee “bean bags”. Mens kan die goed koop of self maak, sien hierdie webwerf vir meer detail.
Die kos (bv. ‘n bredie) word tot kookpunt gebring en dan in die “Wonder Box” geplaas en toegemaak. ‘n Paar uur later is die kos gaar (gewoonlik langer as wat dit normaalweg op ‘n stoofplaat gekook word). Oorskiet in die pot kan teruggeplaas word in die “Wonder Box” en vir die volgende ete gelos word (dit sal steeds warm wees).
In samewerking hiermee kan ‘n eenvoudige alkohol stofie gemaak word. Etanol of isopropiel alkohol kan gebruik word (pasop vir metanol, maar dit kan ook gebruik word). ‘n Goedkoop rol toiletpapier se karton rol binnekant word uitgehaal, die rol word saamgedruk en in ‘n blik gedruk (bv. ‘n lekker stewige groot blikkieskos blik – omtrent een liter blik). ‘n Halfliter of so alkohol word oor die toiletrol gegooi. Die blik word binne-in ‘n 5 liter verfblik geplaas (druk gate in die verfblik sodat lug kan sirkuleer).
Die alkohol-deurdrenkte toiletpapier word aan die brand gesteek, blykbaar brand ‘n halfliter alkohol vir op tot 8 ure. Die pot of pan word bo-op die verfblik geplaas. Die vlam is mooi skoon. Verkieslik moet die alkohol-stoof uit die wind gehou (verseker dat die hitte-oordrag na die pot/pan goed is).
Indien enigiemand hierdie patent wil uitprobeer en terugvoer gee, sal ons die terugvoer hier plaas.
