Vir diegene wat geïnteresseerd is in kamoefleerdrag, die Natick U.S. Army Soldier Systems Centre het onlangs hul studie oor kamoefleerdrag wat van 2007 tot 2009 geloop het, bekend gemaak. Hier is ‘n skakel na ‘n opsomming van die resultate
Natick Officially Releases Camo Study Images
Die tabel met die resultate in drie omgewings vir verskillende kamoefleerpatrone dui aan dat die beste “all-round” kamoefleerpatroon die “Syria” patroon is, gevolg deur die “MultiCam” patroon. MultiCam doen beter behalwe in woestyn omgewings.
MultiCam kamoefleerdrag is natuurlik beskikbaar in Suid-Afrika. Dit is duur, maar baie goeie kwaliteit en baie effektief. Baie boogjagters gebruik deesdae MultiCam (boogjagters moet BAIE nader aan die bokke kom as geweerjagters).
MultiCam kamoefleerdrag is beskikbaar by M&S Equipment in Centurion.
