As die die grootte van die ekonomie van Kalifornië (die staat in Amerika) met die van ander LANDE vergelyk word, is Kalifornië in agtste posisie wêreldwyd.  En nou blyk dit asof Kalifornië se beursie leeg is.

Met ‘n begrotingstekort van US$42 biljoen, het die staat REEDS ‘n verdere US$21 biljoen geleen om die rekeninge te betaal, en nou is daar weer nie geld nie.  Vanaf 1 Februarie is daar geen ander opsie as om op te hou om die rekeninge te betaal nie – en dit sluit in betalings aan Kaliforniese burgers (soos welsyn, studentelenings, belasting-terugbetalings ens).

Dit word verwag dat die staat skuldbriewe aan burgers sal gee in die plek van die normale tjek.  Die laaste keer wat dit probeer is (1992) het die banke vinnig geweier om dit te aanvaar.  Tans is daar samesprekings met banke om ‘n herhaling van hierdie probleme te voorkom.

Of die man in die straat hierdie maatreëls gelate gaan aanvaar, sal mens maar moet sien.

Skakel na die oorspronklike nuusberig:  California prepares to stop paying bills

Verskaf Kommentaar

E-pos (sal nie gepubliseer word nie)