Elke af en toe kom mens op onverwagte artikels op die web af. Hier is twee wat vandag die aandag getrek het:
(1) Die Amerikaanse Vloot bespreek hul beleid vir indien daar nasionale sekuriteit implikasies is a.g.v. die ekonomiese krisis: “The Navy Discusses Economic Doomsday”
(2) Die Arizona Polisiediens kry opleiding vir ekonomiese onrus: “Arizona Police trained for Economic Civil Unrest”
Dit lyk inderdaad daar hooggeplaaste besluitnemers is wat reken dat die ekonomiese krisis in Amerika mag uitloop op moeilikheid.
