Na aanleiding van ons navraag oor honde wat vergiftig word het ons aansienlik terugvoer gekry.
Dit wil voorkom of daar bykans landwyd ‘n groot toename in die vergiftiging van honde is. Ons het berigte ontvang vanuit die meeste groot dorpe en stede behalwe uit die Vrystaat en Noord Kaap en Oos Kaap. Die ander provinsies word almal geraak.
Die hoeveelheid honde wat vergiftig word is kommerwekkend aangesien sulke situasies gewoonlik opgevolg word met inbrake en aanvalle veral op plase.
Hierdie is verseker ‘n tendens wat dopgehou moet word.
