Laat asseblief jul Redakteur toe om ‘n bietjie vuur te spoeg…
In News24 lees ons vandag die volgende lyn:
“…flying is the worst way of getting from A to B as far as contributing to climate change is concerned”
Bron: Clip your Carbon Wingspan
Omdat hierdie stelling nie waar geKLINK het nie, het ons gou ‘n webwerf gevind waarmee ‘n mens hierdie tipe berekenings aanlyn kan doen. Vinnig-vinnig het ons gevind dat ‘n heen-en-terug reis Londen toe (van Johannesburg) (ongeveer 18 500 km) in ‘n vliegtuig sowat 4 400 pond CO2 genereer, terwyl ‘n reis met ‘n gemiddelde sedan motor (Audi A4) meer as 10 000 pond CO2 sal genereer.
Bron: Carbon footprint calculator
Selfs al is die berekening redelik onakkuraat, is die stelling HOOGS onwaar. Die wat in La-La Land woon, kan dalk argumenteer die skrywer is oningelig, maar ons glo hulle (dis nou die media in die algemeen) LIEG vir ons.
Les van die dag: moenie alles glo wat die massa-media opdis nie. Dis ‘n goeie begin om ALLES wat in jou geprogrammeer word, te betwyfel. Leer om vir jouself te dink en sulke stellings te toets.
