Hier is twee handige artikels (met ‘n Amerikaanse inslag) oor hoe om dit te hanteer indien jy in ‘n betoging of sosiale onrus vasgevang word:
‘n Belangrike punt is om goed ingelig te wees. Baie mense weier om na sekere radiostasies te luister terwyl hulle ry, en luister eerder na ‘n radiostasie soos Classic FM of na ‘n kompakskyf. Die verkeersverslae en nuusberigte op van die radiostasies (waarna dan nou nie geluister word nie) is egter baie handig om op hoogte te bly van die nuutste nuus/verkeersprobleme, veral as jy in die stad iewers heen op pad is (buite die gebied wat jy gewoonlik rondry).
