Volgens ‘n annonieme bron is die brand in die Johannesburgse middestad deur stakers veroorsaak reeds gedurende die nag (eergisteraand). Ons bron het ook bevestig dat die senior bestuur van CITYPOWER daarvan bewus is dat dit sabotasie was, alhoewel hulle dit nie erken het in enige onderhoude met die media nie. Mnr Louis Pieterse van Citypower het wel op tv nuus gesê dat daar ‘n moontlikheid is dat dit sabotasie kon wees.

Indien dit wel ‘n geval van sabotasie is, en dit op die eerste dag van die munisipale staking, kan ons verseker wees dat die staking sal gepaard gaan met intimidasie en dalk selfs geweld.

Dit is ook baie interresant dat die krag juis ook in Nelspruit afgesit is op die eerste dag van die staking. Dit is die tipe dinge wat ‘n patroon vorm wat dopgehou moet word, aangesien dit aanduidings kan wees van dit wat ons dalk later tewagte kan wees.

Verskaf Kommentaar

E-pos (sal nie gepubliseer word nie)