Artikel deur Andy Rabie
Een ding wat ons as Suidlanders (volk) moet besef, is dat wanneer ons gaan onttrek met die groot donkerte wat oor ons land gaan toesak, is dat ons mekaar bitter nodig gaan kry. Daar gaan nie meer tyd of plek vir ons volk wees om onder mekaar te stry nie.
So is daar drie dinge waaroor ons nog altyd lekker kon verskil, en dit is sport, politiek en Godsdiens. Gelukkig het die liewe Vader alreeds ons politiek heeltemal van ons weggeneem, sport moet nie eers in ‘n goeie geselskap genoem word nie want dit is deel van die oorsaak van die gemors waarin ons volk nou is.
Dit laat ons dan nou by die enigste wat oorbly nl. Godsdiens! Baie jare al word daar gepoog om kerkeenheid te bewerkstellig, sonder sukses. Hoekom dit so is, weet ek nie maar ek glo ons Hemelse Vader het in Sy alwetenheid ‘n plan en ‘n doel daarmee. Intussen moet ons mekaar verdra in liefde en eensgesindheid.
As ons mooi oor die saak gaan dink sal ons besef dat te midde van al ons kerklike verskille soos doop,gebruik van die Heilige Name ens. Is daar een ding waaroor niemand van ons Volk verskil nie, en dit is, ons glo en aanbid die God van Abraham, Isak en van Israel! Die God van ons Bybel, die God van Bloedrivier en dat Hy sy eniggebore seun Jesus die Christus vir ons aan die kruis laat sterf het sodat ons die ewige lewe kan verkry. – Die groot “vereiste“ wat tot redding van jou siel lei, nl.Rom. 10 :9 – “As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word.”(1954 vertaling)
Ons behoort dus nie meer vir mekaar te vra “in watter kerk is jy “nie. Maar eerder (as jy dalk daaroor wonder) te vra “wat is jou belydenis”? Dit is die mees basiese wat nodig is om te weet. God se in Sy woord dat selfs die wat kennis het, geduld moet beoefen met die wat nie die kennis het nie! En ook se Hy dat ons teen die einde van die tye nie meer mekaar sal hoef te leer, en se “ken die Vader”, want klein en groot sal Hom ken! Oom Siener het ‘n gesig hieroor gehad en dit is dat ons na hierdie donker tyd, wanneer die son weer gaan deurbreek – “n Beter volk,met een “Geloof” wat nou vaster staan as ooit te vore” gaan wees!!!
Kom ons spandeer al ons tyd en energie daaraan om onsself voor God te verootmoedig en om broederskap en liefde onder mekaar te hê. En op hierdie onderwerp kan u gerus gaan lees op die webwerf – www.afrikanervolksparty.org – die artikel met die opskrif – Dis skemer in Suid Afrika. Luister goed! Wat hoor jy? Voel jy nie die yskoue asem van die dood nie?
