Na aanleiding van ‘n berig in ‘n Britse koerant kan daar binnekort weer ‘n groot hoeveelheid blankes wees wat Suid Afrika kan verlaat. Die politieke omwenteling die afgelope weke dra daartoe by dat baie mense nie meer voel dat daar ‘n toekoms in Suid Afrika is vir blankes nie. Lees gerus die berig in Beeld.

Dit is duidelik dat die huidige situasie vir die meeste persone met wie jy praat nie baie goed aanvaar word nie. Daar is verseker nou meer as ooit geen inisiatief deur die regering wat blankes se vrese oor misdaad, dienslewering, werksmoontlikhede, politieke stabiliteit, ekonomiese en ander probleme besweer nie. Indien die regering nie daadwerklik ‘n beleid begin volg wat hierdie vrese gaan aanspreek nie gaan daar verseker weereens ‘n styging in die hoeveelheid kundiges en ander wees wat die land sal verlaat. Weereens sal dit aanleiding gee tot verdere vaardigheids tekorte, en sal die bose kringloop net vinniger en vinniger die afgrond in spiraal.

Verskaf Kommentaar

E-pos (sal nie gepubliseer word nie)