Die amptelike (WHO) H1N1 griep-syfers is tans omtrent 6500 gevalle in 33 lande.  Sover is die sterftesyfer rondom 1-2%, wat die griep minder gevaarlik maak (soos wat griepvirusse gaan).  Die H5N1 griep (voëlgriep) het ‘n stertesyfer van rondom 70%, maar dra nie maklik van mens tot mens oor nie.

Kenners reken ook nou dat enigiets tussen 6000 en 32000 Mexico burgers die griep opgedoen het voordat hulle dit as H1N1 ge-identifiseer en begin gevalle tel het.

Die situasie is die moeite werd om dop te hou, omdat sommige dokters verwag dat die griep moontlik kan muteer of kombineer met H5N1, en ‘n maklik oordraagbare, dodeliker virus vorm.

Verskaf Kommentaar

E-pos (sal nie gepubliseer word nie)