Ons het die volgende bydrae ontvang vanaf een van ons lesers.
Goeiedag
Ek sien hier is al baie geskryf oor die nuwe vark griep wat die media baie besig hou. Ek wil graag so ‘n biejie perspektief na vore bring.
Ek dink dit sal baie voordelig wees vir almal om die volgende artikel van Dr Mercola te lees: Swine Flu
Ek wil graag die volgende aanhaal:
“this isn’t the first time the public has been warned about swine flu. The last time was in 1976, …it resulted in the massive swine flu vaccine campaign.
…
Within a few months, claims totalling $1.3 billion had been filed by victims who had suffered paralysis from the vaccine. The vaccine was also blamed for 25 deaths.
…
However, several hundred people developed crippling Guillain-Barré Syndrome after they were injected with the swine flu vaccine. Even healthy 20-year-olds ended up as paraplegics.
And the swine flu pandemic itself? It never materialized.
More People Died From the Swine Flu Vaccine than Swine Flu!”
Ek wil nie hierdie aanhaling gebruik om inentings ‘n slegte naam te gee nie, maar ek wil graag hê dat ons mense sal wakker word en bewus word van wat om hulle aangaan. Ons moenie enige iets in die media of wat die dokter vir ons vertel net blindeliks glo nie, maar eers alles deegliks toets en van alle kante af bekyk voor ons ‘n besluit maak. Ek raai almal weereens sterk aan om die bo genoemde artikel te lees.
Dit bring my by ‘n tweede punt: Bosmedies. Ons moet ‘n bietjie mooi nadink oor hoe afhanklik ons van konvensionele medisyne geraak het. As ons vir weke of selfs maande moet vlug gaan ons nie meer die gerief van ‘n apteek om die draai hê nie. Ons sal dus alles wat ons moontlik sal nodig hê nou al moet aanskaf.
Vir eerstehulp toerustig is dit geen probleem. Medisyne is egter duur, en het gewoonlik nie baie lang raklewens nie.
Ek dink ons moet begin navorsing doen oor alternatiewe medisyne. “Colloidal Silver” is al genoem, en ek dink dit is ‘n besondere goeie alternatief wat boonop vir watersuiwering en onsmetting kan dien.
Ek is seker die Voortrekkers moes baie kennis oor veld medisyne opgedoen het, en ek sal bly wees indien iemand dalk nog sulke inligting het wat hulle met ons kan deel.
Ons moet ook kyk na die tipes kos wat ons stoor. ALhoewel min mense dit wil glo, het ons dieët ‘n sterk invloed op hoe gesond ons is. Daar is baie bewyse daarvan in die geskiedenis. As ons egter meestal pastas, verwerkte kosse vol chemikaliee en blikkies kos stoor, gaan ons sukkel om sonder moderne medesyne klaar te kom. Sulke kosse het nou wel voordele, in dat die lank rak lewens het, maar ek glo dit moet net ‘n klein deel van ons verbergde kos uitmaak indien ons gesond wil oorleef. Ek stel eerder voor dat ons begin kyk na dinge soos heel onverwerkde koring, sorghum, lensies, en boontjies. Indien ons situasie regtig baie versleg, dien hierdie tipes kos ook as baie waardevolle saad. Hierdie tipes kos stoor net so goed soos pasta byvoorbeeld, maar is ryk aan minerale, vitamiene en ander voedingswaardes. As ‘n mens dit nog oornag in water los voor dit gaar gemaak word, vermeerder die vitamiene maklik vyfvoudig in baie gevalle en dien dus as uitstekeknde kwaliteit kos. Klein hoeveelhede protëin en vette sal dan nodig wees om ‘n baie gesonde oorlewings dieët te handhaaf. Ek dink dat bilting die ideale protein sal wees om te stoor aangesien dit ook min verwerk is en sekerlik die meeste voedingswaarde van enige gestoorde protein bevat. Vette stoor natuurlik beste in die vorm van olies, en ek dink olyfolie sal nie net help om die graankosse beter te laat smaak nie, maar ook belangrikke vette by die oorlewings dieet voeg.
Dit dan van my kant vir eers, en ek sal graag almal se kommentaar hieroor wil hoor.
Onthou dat ons tog ook die belangrikste item inpak: dit is om Jesus Christus in ons harte te he.
Groete
(Naam van leser terug gehou)
Nota: Ons waardeer kommentaar soos hierdie. Ons hoor graag van ons lesers wat iets interresants met almal wil deel.
