In Suid-Afrika is ons alte bewus van wat die gevolge is wanneer ‘n komplekse stelsel daargestel word, en dan vir jare nie aangevul of onderhou word nie (Eskom se kragvoorsieningsnetwerk).

Hierdie berig in die Britse “Guardian” beweer dat die GPS (“Global Positioning System”) stelsel gevaar loop om deur dieselfde lot getref te word.  Volgens die berig sukkel die Amerikaanse lugmag (wat die GPS stelsel ontwikkel het en in beheer is van die stelsel) om GPS satelliete te vervaardig, o.a. as gevolg van subkontrakteur probleme.

‘n Verslag aan die Amerikaanse Kongres stel dit dat daar ‘n moontlikheid bestaan dat die stelsel kan begin faal, so vroeg as 2010 reeds, met nadelige gevolge vir beide siviele en militere gebruikers.

Verskaf Kommentaar

E-pos (sal nie gepubliseer word nie)