Die onlangse vloede in Natal onderstreep maar net weer die wysheid van voorbereiding.  Soos een kommentator opgemerk het:  “It’s sometimes inconvenient to be prepared, it’s ALWAYS inconvenient not to be prepared”.

Die Suidlanders is voorstanders van krisis-gereedheid, en dit maak nie werklik saak wat die aard van die krisis is nie.  In Natal is daar honderde mense ontruim na veilige gebiede, baie met net die klere wat hulle aanhet.  Die korrekte oplossing is natuurlik wat die Amerikaners ‘n “bug-out bag” of BOB noem (Google self).  Dis ‘n rugsak met al nie noodsaaklikhede om vir 72 uur te oorleef.

So ‘n rugsak bevat kos en klere en die nodigste vir drie dae se oorlewing.  In ‘n latere artikel sal ons in meer detail op ‘n “gryp-en-hol” rugsak konsentreer.  Ideaal moet hierdie rugsak altyd gereed wees (gepak in jou huis), sommige mense gooi die rugsak agter in die motor wanneer hulle moet ry (mens weet nooit waar jy gaan wees as ‘n ramp toeslaan nie).

Onthou, in ‘n krisis situasie is die een status wat mens wil vermy, dié van “vlugteling”.

Verskaf Kommentaar

E-pos (sal nie gepubliseer word nie)